SARIE Poinsettiarooi Lipstiffie 2016

 

sariepoinsettierooi

Haai Dames en Here

Dis my heel eerste keer om in Afrikaans te blog, selfs al is ek ‘n Afrikaner. Omdat my blog vandag gefokus is op ‘n Afrikaanse lipstiffie wat uitgegee was met ‘n Afrikaanse tydskrif, het ek besluit: Bogger dit. Vandag gesels ek met julle in die hemelse taal.

Ek is woon tans in Suid-Korea so hierdie blog is miskien bietjie mostert na die mael, maar ek het gevoel dat dit steeds geen skade sou doen om my opinie te rig oor die lipstiffie nie.

Van tyd tot tyd gee SARIE tydskrif een van 4 lipstiffies weg met elke uitgawe van die spesifieke maand. Laas jaar was dit met die Karen Zoid uitgawe, en vanjaar was dit saam met die October uitgawe. My man was huis toe vir ‘n begrafnis en ek het vir hom gevra om asseblief tog vir my die SARIE met die rooi lipstiffie te kry. Ek het ook die Karen Zoid uitgawe, maar dis nog by die huis, by ‘n vriendin so ek sal dit later moet toets en vir julle verslag lewer.

Daar was een van vyf om van te kies:


Ek was nie seker watse kleure daar beskikbaar sou wees nie, maar ek weet met my porsalein gebaat sal rooi nooit ‘n slegte keuse wees nie, en dis juis waarom ek vir manlief gesê het: solank dit rooi is, sal ek gelukkig wees.

So lyk die houertjies:


Soos jy kan sien is dit baie stylvol, met ‘n metaalrooi war amper “matte” voorkom, met SARIE ons inspirasie in silwer gedruk, en ‘n silwer bandjie om die middel.

So lyk Poinsettiarooi se toetstrepie op my gewrig:


En so lyk dit op my lippe:

Soos jy kan sien is die nie ‘n diep, donker osbloed rooi nie, maar eerder ‘n helder rooi met ‘n pienk ondertoon. Dis ‘n kleur wat by alle velkleure sou pas, en dis eintlik perfek vir somer. ‘n Mens kan nooit ‘n fout maak met rooi lippe nie.

My siening:

Ek glo vir ‘n ‘freebe’ is dit ‘n baie goeie produk. Dit ruik soos sherbet, maar nie oorweldigend nie en dit wend baie glad en egalig aan.

Sou ek dit aankom indien ek kon? Ja, absoluut!

Ek gee dit vyf sterretjies.

Daar het julle dit. Laat my asseblief weet wat julle dink in die ‘comment section’ hier onder.

Groete

Amanda

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s